Proverbs 10:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Lui mens is ’n aanstoot vir dié wat hom werk gee. Hy is soos asyn tussen die tande, of soos rook in die oë. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur. |
| Afrikaans 1983 | Soos asyn teen die tande, soos rook in die oë, so is 'n lui mens vir iemand wat hom 'n opdrag gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos asyn vir die tande en rook vir die oë, so is 'n leeglêer vir die een wat hom stuur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moenie 'n lui mens stuur om iets te doen nie, hy is soos asyn vir jou tande, soos rook vir jou oë. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos asyn jou op jou tande laat kners, soos rook jou oë laat brand, so irriterend is ’n luiaard vir sy baas. |