Proverbs 10:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos 'n stormwind verbygaan, so is die goddelose nie meer nie, maar die regverdige is 'n ewige fondament.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer teëspoed kom soos ’n stormwind, is goddeloses daarmee heen, maar die regverdiges bly stewig staan.
Afrikaans 1933/1953 Wanneer 'n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.
Afrikaans 1983 As die stormwind kom, is die goddelose daarmee heen, maar die regverdige bly altyd staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer 'n storm verbytrek, is 'n goddelose nie meer daar nie, maar 'n regverdige is 'n ewige fondament.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer daar 'n stormwind kom, dan waai dit die mense weg wat verkeerd doen. Mense wat reg lewe, staan altyd vas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer die ellende soos ’n storm kom wat alles wil vernietig, kan ’n goddelose dit nie baasraak nie. Hy stort heeltemal in duie. Maar die gelowige kan enige krisis te bowe kom.