Proverbs 10:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vir 'n dwaas is dit 'n plesier om kwaad te doen, maar 'n man van verstand het wysheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is vir die dwaas lekker om verkeerd op te tree. Mense met insig geniet die wysheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is 'n vermaak vir 'n dwaas om 'n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir 'n man van verstand. |
| Afrikaans 1983 | Die dwaas geniet dit om hom skandalig te gedra, maar die mens met insig geniet die wysheid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos dit vir 'n dwaas 'n plesier is om 'n skandelike daad te begaan, so is wysheid vir 'n skerpsinnige mens. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is vir 'n dwaas lekker om slegte dinge te doen, vir 'n verstandige mens is dit lekker om wysheid te hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Dwaas se lekkerste tydverdryf is om verkeerde dinge te doen, dinge te sê wat seermaak, mense se lewens te vernietig. Maar die gelowige doen wat reg is. |