Proverbs 10:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die seën van die HERE, dit maak ryk, en Hy voeg geen droefheid daarby nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is die Here se seën wat rykdom bring. Hy gee nie hartseer daarmee saam nie.
Afrikaans 1933/1953 Die seën van die HERE -- dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.
Afrikaans 1983 Dit is die seën van die Here wat rykdom bring; jou geswoeg laat dit nie meer word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die seën van die Here – dit is wat ryk maak, en harde werk voeg daar niks by nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die seën van die Here wat mense ryk maak, en Hy laat mense nie méér swaarkry omdat hulle ryk is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die Here vir ons goed is, ervaar ons arms vol geluk. Dit kom nie uit onsself nie, maar net van Hom. Ander mense sal dit ook in ons lewens kan sien.