Proverbs 10:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy is op die weg van die lewe wat tug bewaar, maar hy wat teregwysing weier, dwaal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mense wat hulle laat reghelp, is op die pad na die lewe. Hulle wat teregwysing verwerp, laat ander verdwaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald. |
| Afrikaans 1983 | Wie hom laat leer, ken die pad na die lewe; wie teregwysing verwerp, dwaal van dié pad af. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie ag slaan op vermaning, is op pad na lewe; maar wie teregwysing in die wind slaan, lei ander op 'n dwaalweg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens wat onthou wat hy geleer het, loop op die pad van lewe, 'n mens wat nie doen wat hy moet doen nie, weet nie waarnatoe hy gaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie hom deur die spreuke laat leer, is op die regte pad. Hy sal die lewe in al sy volheid geniet. Wie dit verwerp, veroorsaak sy eie ondergang. |