Proverbs 10:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wyse manne bêre kennis, maar die mond van die dwase is naby die vernietiging. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wyse mense versamel kennis. Dwase se gebabbel bring spoedig teëspoed. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is 'n ondergang wat naby is. |
| Afrikaans 1983 | Wyse mense loop nie te koop met hulle kennis nie; as 'n dwaas sy mond oopmaak, is sy ondergang naby. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wyses hou kennis in bewaring, maar die mond van 'n sot huisves dreigende ondergang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wyse mense weet baie, maar wanneer 'n dwaas sy mond oopmaak, dan gaan dit gou sleg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Wyse neem die lesse van die lewe ernstig op. ’n Dom mens weet niks van die regte manier van lewe nie. Sy geklets veroorsaak net ellende. |