Proverbs 10:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar 'n roede is vir die rug van die verstandlose. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand wat insig het, sê dinge wat verstandig is. Die een wat onverstandig is, kry slae. |
| Afrikaans 1933/1953 | Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose. |
| Afrikaans 1983 | Daar is wysheid in die woorde van een wat insig het; slae is vir dié wat nie hulle verstand gebruik nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die lippe van 'n verstandige word wysheid gevind, maar 'n lat is vir die rug van iemand sonder verstand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer 'n verstandige mens sy mond oopmaak, dan kom daar wysheid uit, maar die persoon wat nog baie moet leer, kry straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer ’n wyse praat, kan jy hoor hy ken die lewe. ’n Dwaas se woorde bring ’n mens net in die moeilikheid. |