Philippians 4:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en sinne bewaar deur Christus Jesus.
Afrikaans (NLV) 2011 En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.
Afrikaans 1933/1953 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Afrikaans 1983 En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in •Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle behoort aan Christus Jesus. Daarom sal God vir julle vrede gee, vrede wat baie beter is as enige iets waaraan mense kan dink, vrede wat die dinge beskerm wat julle dink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie wete dat Jesus by jou is, sal keer dat die bekommernisse weer met jou emosies weghardloop of dat jy jou weer van voor af begin bekommer.