Philippians 4:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die heiliges groet julle, veral die wat van die keiser se huis is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die ander Christene stuur ook groete, in besonder dié wat in die keiser se paleis werk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die heiliges, en veral die wat aan die keiserlike huis behoort, groet julle. |
| Afrikaans 1983 | Ook al die gelowiges en veral dié wat aan die huis van die keiser verbonde is, stuur vir julle groete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die •heiliges, veral dié van die keiser se huishouding, stuur vir julle groete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die gelowiges hier stuur ook groete vir julle. Die mense wat vir die keiser werk, stuur spesiale groete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Christene hier stuur ook groete. Die Christene wat op die keiser se personeel is, sê spesiaal groete. |