Philippians 4:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ek het alles en is oorvloedig: ek is versadig, nadat ek van Epafroditus die dinge ontvang het wat van julle gestuur is, 'n geur van 'n lieflike geur, 'n welgevallige offer, aan God welgevallig.
Afrikaans (NLV) 2011 Op hierdie stadium het ek alles ontvang — en meer as genoeg! Met dit wat julle saam met Epafroditus gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Wat julle gestuur het, is ’n lieflike reukoffer waarvan God hou.
Afrikaans 1933/1953 Maar ek het alles ontvang, en ek het oorvloed. Ek het dit volop noudat ek van Epafrod¡tus ontvang het wat deur julle gestuur is, 'n lieflike geur, 'n welgevallige offer, welbehaaglik by God.
Afrikaans 1983 Maar ek het alles ontvang en ek het meer as genoeg. Noudat ek van Epafroditos ontvang het wat julle gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Julle gawe is voor God 'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek is ten volle vergoed, en het meer as genoeg; ek is ten volle versorg, noudat ek van Epafroditus ontvang het wat van julle af kom: 'n geurige offer, 'n aanneemlike offergawe wat God behaag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het alles gekry wat julle gestuur het en ek het nou genoeg. Epafroditos het vir my die goed gebring wat julle gestuur het, en nou het ek genoeg. Dit wat julle gestuur het, is 'n offer wat julle vir God gegee het, 'n offer wat Hy graag wil hê, 'n offer waarvan Hy baie hou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Epafroditos het vir my alles gegee wat julle gestuur het. Nou het ek oorgenoeg, alles wat ek nodig het. God hou baie daarvan. Vir Hom is dit soos ’n wonderlike offer wat baie lekker ruik. Niemand is en kan ooit so ryk en belangrik wees soos God nie.