Philippians 4:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou weet julle ook, Filippense, dat in die begin van die evangelie, toe ek uit Masedonië vertrek het, geen gemeente met my gekommunikeer het oor gee en ontvang nie, behalwe julle alleen.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle, Filippense, weet wat in die beginjare met die uitdra van die Goeie Nuus gebeur het. Toe ek van Masedonië af vertrek het, het geen gemeente behalwe julle my finansieel ondersteun nie.
Afrikaans 1933/1953 En julle, Filippense, weet ook dat in die begin van die evangelie, toe ek van Macedonië vertrek het, geen gemeente deel gehad het in my rekening van uitgawe en inkomste nie, behalwe julle alleen.
Afrikaans 1983 Julle in Filippi weet ook dat in die begin van my evangelieprediking, na my vertrek uit Masedonië, geen enkele gemeente behalwe julle 'n aandeel gehad het aan my rekening van inkomste en uitgawe nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle weet ook, Filippense, dat aan die begin van my evangelieverkondiging, toe ek van Macedonië vertrek het, geen •gemeente tot my rekening van inkomste en uitgawes bygedra het nie, behalwe slegs julle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gemeente van Filippi, nadat ek weggegaan het uit die provinsie Masedonië en begin het om die goeie boodskap te bring, het ander gemeentes nie vir my gesorg nie. Julle weet dat net julle vir my gesorg het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My liewe mede-Christene in Filippi, julle onthou mos nog hoe dit in die begin gegaan het. Ek het die goeie boodskap oor Jesus daar in die noordelike deel van Griekeland versprei. Nie ’n enkele gemeente wou my toe help nie. Maar julle was daar! Julle was bereid om te help.