Philippians 4:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, my geliefde broeders en wat na my verlang, my vreugde en kroon, staan so vas in die Here, my dierbare geliefde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My broers en susters, ek het julle lief en verlang baie na julle. Júlle maak my bly, ja, op júlle is ek baie trots. Geliefdes, bly dan nou regtig getrou aan die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, my geliefde broeders, na wie ek ook verlang, my blydskap en kroon, staan so vas in die Here, geliefdes. |
| Afrikaans 1983 | Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap en my kroon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, my broers, julle vir wie ek lief is, en na wie ek verlang, my vreugde en my kroon – geliefdes, staan dan só vas in die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My vriende, ek is baie lief vir julle en ek verlang na julle. Julle maak my bly en ek is baie trots op julle. Ek wil hê julle moet aanhou glo in die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ai, broers en susters, ek verlang so na julle, want ek het julle lief. Julle maak my bly en laat my soos ’n koning voel. Daarom, my goeie vriende, is dit vir my so belangrik dat julle getrou op die pad sal bly wat die Here vir ons gewys het. |