Numbers 9:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê daardie manne vir hom: Ons is verontreinig deur die lyk van 'n man; waarom word ons teruggehou, dat ons nie op sy bestemde tyd 'n offer van die HERE onder die kinders van Israel mag bring nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het gesê: “Ons is onrein, want ons moes met ’n lyk werk. Waarom moet ons daarvan uitgesluit word om die Here se offer op hierdie tyd saam met die res van Israel te bring?”
Afrikaans 1933/1953 en die manne het vir hom gesê: Ons is onrein deur die lyk van 'n mens; waarom moet ons te kort gedoen word, dat ons die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd onder die kinders van Israel sou bring nie?
Afrikaans 1983 “Ons is onrein, want ons het aan 'n lyk geraak, maar waarom word ons daarvan weerhou om op die bestemde tyd saam met die ander Israeliete 'n offergawe aan die Here te bring?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daardie manne het vir hom gesê: “Ons is onrein as gevolg van 'n lyk. Waarom word ons teruggehou, sodat ons nie saam met die Israeliete op die vasgestelde tyd 'n offer aan die Here kan bring nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en vir Moses gesê: “Ons is onrein omdat ons aan 'n lyk geraak het, maar hoekom kan ons nie op die regte tyd saam met die ander Israeliete vir die Here 'n offer bring nie?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ons weet ons is onrein om aan godsdienstige aktiwiteite deel te neem, want ons moes aan ’n dooie vat. Maar hoekom keer dit ons om saam met die res van die Israeliete hierdie offer aan die Here te bring?”