Numbers 9:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was sekere manne wat deur die lyk van 'n man verontreinig was, dat hulle die pasga op dié dag nie kon hou nie; en hulle het op dié dag voor Moses en Aäron gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was egter mans wat onrein was omdat hulle aan ’n lyk moes vat. Hulle kon nie die Paasfees op daardie dag vier nie. Hulle het toe met Moses en Aäron daaroor kom praat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was manne wat deur die lyk van 'n mens onrein geword het en op dieselfde dag die pasga nie kon hou nie. Daarom het hulle nader gekom voor Moses en Aäron op dieselfde dag, |
| Afrikaans 1983 | Maar daar was persone wat die paasfees nie op daardie dag kon vier nie omdat hulle aan 'n lyk geraak het en dus onrein was. Hierdie manne het dieselfde dag nog na Moses en Aäron toe gekom en vir hulle gesê: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was egter manne wat onrein geword het as gevolg van 'n lyk. Hulle kon nie die Pasga op daardie dag vier nie, en het Moses en Aäron nog dieselfde dag genader. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar daar was mans wat onrein was omdat hulle aan 'n lyk geraak het. Hulle kon nie die Paasfees op daardie dag vier nie en hulle het dieselfde dag na Moses en Aäron toe gekom |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar was egter ’n klomp mense wat nie aan die paasfees kon deelneem nie, aangesien hulle iemand moes begrawe en aan ’n lyk geraak het. Hulle kon daarom nie aan godsdienstige aktiwiteite deelneem nie. Hulle het toe met Moses en Aäron gaan praat en vir hulle gesê: |