Numbers 9:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of dit nou twee dae of 'n maand of 'n jaar was dat die wolk op die tabernakel gebly het en daarop gebly het, die kinders van Israel het in hulle tente gebly en nie weggetrek nie; maar toe dit opgeneem is, het hulle weggetrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het op ’n plek gebly waar die wolk oor die tabernakel gehang het, of dit nou vir twee dae, of ’n maand, of selfs langer was. Hulle het nie van daar af weggegaan nie. Sodra die wolk egter van die tabernakel af oplig, het hulle agterna getrek.
Afrikaans 1933/1953 of ntwee dae of 'n maand of langer -- as die wolk lank oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel in die laer gestaan en nie weggetrek nie; en as dit optrek, het hulle weggetrek.
Afrikaans 1983 As die wolk 'n paar dae of 'n maand of 'n jaar of langer op die tabernakel rus, het die Israeliete in die kamp gebly en nie weggetrek nie, maar sodra dit optrek, het hulle weggetrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Of dit nou twee dae, 'n maand, of langer was, terwyl die wolk lank bo die tabernakel vertoef het, het die Israeliete gekamp en nie verder getrek nie. Maar wanneer die wolk opgaan, het hulle verder getrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die wolk twee dae lank of 'n maand lank of baie lank oor die tempel-tent gebly het, dan het hulle daar gebly, en wanneer die wolk opgaan, dan het hulle verder gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Of dit nou twee dae, ’n maand of ’n jaar was wat die wolk bokant die tabernakel gebly het, het nie saak gemaak nie. Solank die wolk daar gebly het, het die Israeliete op die plek bly kamp. Maar die oomblik dat dit opgelig het, het hulle dadelik kamp opgeslaan en agterna getrek.