Numbers 9:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En so was dit, toe die wolk gebly het van die aand tot die môre toe en die wolk in die môre opgetrek het, het hulle weggetrek; of dit bedags of snags was dat die wolk opgetrek het, hulle het weggetrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Soms het dit gebeur dat die wolk net oornag op een plek bly staan het en die volgende oggend weer begin beweeg het. Of dit egter dag of nag was, hulle het begin trek as die wolk begin beweeg.
Afrikaans 1933/1953 En somtyds was die wolk daar van die aand tot die môre -- as die wolk in die môre optrek, het hulle weggetrek; of by dag of by nag -- as die wolk optrek, het hulle weggetrek;
Afrikaans 1983 Soms was die wolk net van die aand af tot die volgende môre toe daar, en as dit dan in die môre optrek, het die volk weggetrek. Of dit bedags of snags was, as die wolk optrek, het hulle weggetrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soms was die wolk net van die aand tot die volgende oggend daar, en wanneer die wolk dan in die oggend opgaan, het hulle verder getrek. Of dit bedags was of snags, wanneer die wolk opgaan, het hulle verder getrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die wolk van die aand tot die oggend daar gebly het en dan in die oggend opgegaan het, dan het die Israeliete verder gegaan, dit maak nie saak of dit in die dag of in die nag was nie. Wanneer die wolk opgaan, dan het hulle verder gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ander kere weer het die wolk net een nag op ’n plek gebly en dan het hulle die volgende môre weer verder getrek. Dit het nie saak gemaak of dit net een dag was nie; as die wolk opgelig het, het hulle getrek.