Numbers 9:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En so was dit toe die wolk 'n paar dae oor die tabernakel was; volgens die bevel van die HERE het hulle in hul tente gebly, en volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit het soms gebeur dat die wolk net vir ’n paar dae oor die tabernakel stilgestaan het. So het hulle op die Here se bevel stilgestaan en weer verder getrek as Hy so beveel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar somtyds was die wolk net 'n paar dae oor die tabernakel -- volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek. |
| Afrikaans 1983 | Soms het die wolk net 'n paar dae op die tabernakel gerus. Wat die geval ook al was, op die bevel van die Here het hulle kamp opgeslaan en op sý bevel het hulle weggetrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soms was die wolk maar net 'n paar dae bo die tabernakel. Op bevel van die Here het hulle kamp opgeslaan, en op bevel van die Here het hulle kamp opgebreek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die wolk net 'n paar dae oor die tempel-tent gebly het, dan het die Israeliete in die kamp gebly. Hulle het in die kamp gebly wanneer die Here sê hulle moet bly, en hulle het verder gegaan wanneer die Here sê hulle moet gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soms het dit gebeur dat die wolk net vir ’n paar dae op die tabernakel gebly het. Dan het hulle net vir dié rukkie daar gebly. Maar wat ook al die geval was, hulle het altyd op die Here se bevel getrek of gebly. |