Numbers 9:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die wolk baie dae lank op die tabernakel gebly het, het die kinders van Israel die diens van die HERE gehou en nie weggetrek nie.
Afrikaans (NLV) 2011 As die wolk vir ’n lang tyd oor die tabernakel bly hang het, het die Israeliete net daar gebly en nie verskuif nie.
Afrikaans 1933/1953 En as die wolk baie dae oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel die diens van die HERE waargeneem en nie weggetrek nie.
Afrikaans 1983 Wanneer die wolk 'n geruime tyd op die tabernakel gerus het, het die Israeliete die diens van die Here waargeneem en nie weggetrek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer die wolk 'n lang tyd bo die tabernakel was, het die Israeliete die verpligtinge teenoor die Here nagekom en nie kamp opgebreek nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die wolk 'n lang tyd oor die tempel-tent gebly het, dan het die Israeliete die Here daar gedien en hulle het nie verder gegaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir so lank as wat die wolk oor die tabernakel gebly het, het die volk daar bly kamp, al was dit ook hoe lank, want hulle het geweet dit is wat die Here wou hê.