Numbers 9:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Volgens die bevel van die HERE het die kinders van Israel weggetrek, en volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op bevel van die Here het die Israeliete getrek en op sy bevel weer kamp opgeslaan. So lank as wat die wolk oor die tabernakel bly hang het, het hulle daar bly kamp. |
| Afrikaans 1933/1953 | volgens die bevel van die HERE het die kinders van Israel weggetrek en volgens die bevel van die HERE laer opgeslaan; al die dae wat die wolk oor die tabernakel gerus het, het hulle in die laer gestaan. |
| Afrikaans 1983 | Op bevel van die Here het die Israeliete weggetrek, en op sy bevel het hulle kamp opgeslaan; gedurende die hele tyd dat die wolk op die tabernakel gerus het, het hulle in die kamp gebly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op bevel van die Here het die Israeliete telkens kamp opgebreek, en op bevel van die Here het hulle kamp opgeslaan. Solank as wat die wolk bo die tabernakel vertoef het, het hulle gekamp. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesê wanneer die Israeliete verder moet gaan en die Here het gesê wanneer hulle die tente moet opslaan. Hulle het in die kamp gebly terwyl die wolk oor die tempel-tent gebly het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was die Here se manier om hulle op ’n plek te laat bly of hulle te laat trek. Hulle het op ’n plek gebly totdat die wolk van die tent af opgelig het. |