Numbers 9:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel daarna weggetrek; en op die plek waar die wolk gebly het, daar het die kinders van Israel hulle tente opgeslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer die wolk van die tent af opgelig het, het die Israeliete kamp opgebreek en dit gevolg. Waar die wolk gaan staan het, daar het die Israeliete kamp opgeslaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En so dikwels as die wolk van die tent af optrek, het die kinders van Israel daarna weggetrek; en op die plek waar die wolk rus, daar het die kinders van Israel laer opgeslaan -- |
| Afrikaans 1983 | Elke keer nadat die wolk van die tent af opgetrek het, het die Israeliete weggetrek, en op die plek waar die wolk afkom, daar het die Israeliete kamp opgeslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar sodra die wolk bo die tent opgaan, breek die Israeliete dadelik kamp op. En op die plek waar die wolk vertoef, daar slaan die Israeliete kamp op. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke maal wanneer die wolk opgegaan het van die tent, dan het die Israeliete verder gegaan. En wanneer die wolk op een plek gaan staan het, dan het die Israeliete hulle tente daar opgeslaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elke keer as die wolk van die tent af opgelig het, het die Israeliete kamp opgeslaan en agter die wolk aangetrek tot waar dit gaan staan het. Dan het hulle daar kamp opgeslaan. |