Numbers 9:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as 'n vreemdeling onder julle vertoef en die pasga tot eer van die HERE hou; volgens die insetting van die pasga en volgens die gebruik daarvan, so moet hy doen: een insetting moet julle hê vir die vreemdeling sowel as vir hom wat in die land gebore is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As iemand wat van buite die land kom, tydelik by julle oorbly en ook die Paasfees vir die Here wil vier, moet hy presies dieselfde voorskrifte en reëls volg. Een en dieselfde stel reëls geld vir sowel die vreemdeling as die permanente inwoner van die land.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En as 'n vreemdeling by julle vertoef en die pasga vir die HERE hou, moet hy dit hou volgens die insetting van die pasga en volgens die verordening daarvan. Dit moet een insetting vir julle wees, vir die vreemdeling sowel as die kind van die land. |
| Afrikaans 1983 | “As 'n vreemdeling wat by julle woon, die paasfees vir die Here wil vier, moet hy dit volgens die bestaande voorskrifte en bepalings doen. Een en dieselfde voorskrif geld vir julle almal: vir die vreemdeling en vir die landsburger.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘As 'n •vreemdeling by julle tydelike verblyf het, en hy vier die Pasga vir die Here, moet hy dit presies volgens die vaste voorskrifte vir die Pasga en die bepalings daarvan doen. Een en dieselfde vaste voorskrif geld vir julle, vir die vreemdeling sowel as die landsburger.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer 'n vreemdeling by julle woon en hy vier die Paasfees vir My, dan moet Hy dit doen soos Ek gesê het en soos Ek besluit het. Hy moet dit so doen, want die Israeliete en ook die vreemdelinge moet doen wat Ek sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As daar iemand by julle bly wat nie ’n Israeliet is nie, maar wel die paasfees vir die Here wil vier, mag hy dit doen op voorwaarde dat die persoon al die voorskrifte nakom vir die viering van die paasfees, want dieselfde reëls geld vir almal.” |