Numbers 9:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle mag niks daarvan tot die môre toe laat nie en geen been daarvan breek nie; volgens al die verordeninge van die pasga moet hulle dit hou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar mag niks daarvan oor wees teen die volgende oggend nie. Hulle mag ook nie die lam se bene breek nie. Hulle moet verder al die gewone voorskrifte vir die Paasfees volg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe of 'n been daaraan breek nie; volgens die hele insetting van die pasga moet hulle dit hou. |
| Afrikaans 1983 | Hulle mag niks daarvan tot die volgende môre laat oorbly nie en hulle mag ook geen been van die lam breek nie. Hulle moet die paasfees stiptelik volgens al sy voorskrifte vier. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle mag niks daarvan laat oorbly tot die volgende oggend nie. Geen been daarvan mag hulle breek nie. Volgens al die vaste voorskrifte vir die Pasga moet hulle dit vier. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moet niks daarvan laat oorbly tot die volgende dag nie en hulle moenie die bene van die lam breek nie. Hulle moet die fees vier soos Ek vir hulle gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle mag niks van die vleis vir die volgende môre oorhou nie en hulle mag ook nie ’n been van die paaslam breek nie. Hulle moet die voorskrifte vir die paasfees streng gehoorsaam. |