Numbers 9:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Op die veertiende dag van die tweede maand teen die aand moet hulle dit hou en dit saam met ongesuurde brode en bitter kruie eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle moet dit egter ’n maand later vier op die veertiende dag teen skemeraand. Hulle moet op daardie dag die Paaslam eet saam met die ongesuurde brood en die bitter kruie. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die tweede maand, op die veertiende dag, teen die aand, moet hulle dit hou; met ongesuurde brode en bitter kruie moet hulle dit eet. |
| Afrikaans 1983 | Maar dan moet hulle dit in die tweede maand, op die veertiende van die maand, teen sonsondergang vier. Hulle moet die paaslam eet saam met die ongesuurde brood en bitter kruie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die tweede maand op die veertiende dag teen laatmiddag moet hulle dit vier. Met ongesuurde brood en bitter kruie moet hulle dit eet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | in die tweede maand, op die veertiende dag, wanneer dit begin donker word. Hulle moet die paaslam eet saam met ongesuurde brood en bitter kruie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al wat moet gebeur, is dat hulle dit presies moet doen volgens al die voorskrifte, maar dan net ’n maand later. Hulle moet die paaslam eet saam met die brood wat sonder suurdeeg gebak is en die sous wat van bitter kruie gemaak is. |