Numbers 9:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand onder julle of uit julle nageslag onrein is deur 'n lyk of op 'n ver reis is, moet hy tog die pasga tot eer van die HERE hou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê vir die Israeliete: As dit tyd is vir die Paasfees en iemand het onrein geword omdat hy ’n lyk moes hanteer, of hy is ver weg van die huis af, mag hy nog steeds die Paasfees vier. |
| Afrikaans 1933/1953 | Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand van julle of van julle geslagte deur 'n lyk onrein word of op 'n ver reis is, moet hy tog die pasga vir die HERE hou. |
| Afrikaans 1983 | As een van julle of julle nakomelinge deur 'n lyk onrein is, of op 'n ver reis is, mag hy nogtans die paasfees vir die Here vier. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Praat met die Israeliete en sê, ‘Wanneer enigiemand van julle of julle nageslagte onrein word as gevolg van 'n lyk, of as hy ver op reis is, mag hy die Pasga vir die Here vier. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer een van julle of van julle nageslag onrein geword het omdat hy aan 'n lyk geraak het of omdat hy weggegaan het na ver plekke, dan moet hy die Paasfees vir My vier |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê vir die Israeliete: As een van julle of een van julle kinders onrein geword het omdat julle met ’n lyk in aanraking gekom het, of as iemand dalk op daardie stadium op reis is en nie die seremonie kan bywoon nie, mag hulle nog steeds die Here se paasfees vier. |