Numbers 9:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die eerste maand van die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het ’n opdrag aan Moses in die Sinaiwoestyn in die vroeë lente gegee. Dit was in die tweede jaar nadat hulle uit Egipte weg is. Hy het vir hom gesê: |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai -- in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, in die eerste maand -- en gesê |
| Afrikaans 1983 | Die Here het met Moses gepraat. Dit was in die Sinaiwoestyn, die eerste maand van die tweede jaar ná die uittog uit Egipte. Hy het vir hom gesê: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het in die eerste maand van die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland weggetrek het, met Moses in die Sinaiwoestyn gepraat en gesê: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het met Moses gepraat in die Sinai-woestyn, in die eerste maand van die tweede jaar nadat die Israeliete uit die land Egipte gekom het. Die Here het gesê: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die lente van die tweede jaar na die uittog uit Egipte, terwyl hulle nog in die Sinaiwoestyn was, het die Here met Moses gepraat. Hy het vir hom gesê: |