Numbers 8:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hierdie werk van die kandelaar was van geslae goud, tot by sy steel, tot by sy blomme, was geklopte werk; volgens die voorbeeld wat die HERE Moses gewys het, so het hy die kandelaar gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hele kandelaar was van sy voetstuk af tot bo by die amandelblommetjies van uitgeslaande goud gemaak. Dit was presies volgens die plan gemaak wat die Here vir Moses voorgehou het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit was die maaksel van die kandelaar: dryfwerk uit goud; selfs sy voetstuk en sy blomme was dryfwerk; volgens die beeltenis wat die HERE aan Moses getoon het, so het hy die kandelaar gemaak. |
| Afrikaans 1983 | Die kandelaar is so gemaak: van die voetstuk af tot by die kroonblare is dit van geslae goud. Aäron het dit gemaak volgens die model wat die Here vir Moses gewys het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die menora is so gemaak: Dit was uit een stuk goud geslaan. Vanaf die basis tot by die blomversiering was dit pletwerk. Volgens die voorbeeld wat die Here Moses gewys het, presies so het hy die menora gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die lampstaander gemaak van goud wat hulle met 'n hamer geslaan het. Die steel en die blomknoppe van die lampe was van goud. Moses het die lampstaander laat maak soos die Here vir hom gewys het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hele kandelaar was van verwerkte goud, van die voetstuk af tot by die boonste gedeelte, wat versier was in die vorm van blombloeisels. Aäron het die kandelaar presies gemaak volgens die skaalmodel wat die Here aan Moses gewys het. |