Numbers 8:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Aäron het so gedoen; hy het sy lampe teenoor die kandelaar aangesteek, soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Aäron het toe so gemaak. Hy het die lampies aan die voorkant vasgesit, soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans 1933/1953 En Aäron het so gedoen: aan die voorkant van die kandelaar het hy die lampe opgesteek soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans 1983 Aäron het toe so gemaak soos die Here vir Moses beveel het, en die lampies aan die voorkant van die kandelaar vasgesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aäron het dit toe so gedoen; hy het die lampe so opgesit dat dit na die voorkant van die menora lig gee, net soos die Here Moses beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Aäron het dit gedoen. Hy het die sewe lampe teen die voorkant van die lampstaander gesit soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aäron het gedoen wat die Here vir Moses gesê het. Hy het die kandelaar so neergesit dat al die lampe se lig vorentoe geskyn het.