Numbers 8:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle moet saam met hulle broers dien in die tent van samekoms om die diens te waarneem en geen dienswerk verrig nie. So moet jy met die Leviete doen wat hulle bevel aanraak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle mag wel nog hulle mede-Leviete help om wag te staan by die tabernakel. Self mag hulle egter nie langer meer daar werk nie. So kan jy die werk van die Leviete organiseer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | hy kan sy broers in die tent van samekoms behulpsaam wees om die diens waar te neem, maar dienswerk moet hy nie verrig nie. So moet jy met die Leviete doen insake hulle ampspligte. |
| Afrikaans 1983 | Hy mag sy mede-Leviete nog met hulle ampswerk in die tent van ontmoeting behulpsaam wees, maar self mag hy die diens nie behartig nie. “So moet jy die ampspligte van die Leviete reël.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy mag wel sy mede-Leviete in die Tent van Ontmoeting bystaan om verpligtinge na te kom, maar take mag hy nie verrig nie. So moet jy die Leviete se verpligtinge reël.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle mag nog die ander Leviete help om die werk te doen, maar hulle moenie self die werk doen nie. Dit is wat jy vir die Leviete moet sê hoe hulle die werk moet doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na hulle aftrede mag hulle die Leviete met die dienswerk by die tent help, maar hulle mag dan nie meer self enige dienste verrig nie. Dit is hoe jy die Leviete se dienstyd moet bepaal.” |