Numbers 8:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is dit wat aan die Leviete behoort: van vyf en twintig jaar oud en daarbo moet hulle ingaan om die diens van die tent van samekoms te bedien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die reël vir die Leviete is dat hulle van die ouderdom van 25 af in die tabernakel moet kom diens doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die saak wat die Leviete betref: Van vyf en twintig jaar oud en daarbo moet hy kom om sy plig te vervul by die dienswerk van die tent van samekoms. |
| Afrikaans 1983 | “Wat die Leviete betref, hulle moet vyf en twintig jaar of ouer wees voordat hulle hulle ampsplig in die tent van ontmoeting kan kom vervul. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Die volgende geld vir die Leviete: 'n Leviet van vyf-en-twintig jaar en ouer moet ingaan om verpligte diens te doen by die take in die Tent van Ontmoeting. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Daar is 'n wet, en al die Leviete moet gehoorsaam wees aan die wet. Die wet sê dat elkeen wat 25 jaar oud of ouer is, die werk moet kom doen in die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Leviete moet die volgende reël streng nakom: hulle mag eers op die ouderdom van 25 jaar begin werk in die tent waar Ek aanbid word, |