Numbers 8:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarna het die Leviete ingegaan om hulle diens te verrig in die tent van samekoms voor Aäron en voor sy seuns; soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van toe af het die Leviete in die tabernakel ingegaan om daar hulle werk saam met Aäron en sy seuns te doen. Hulle het gemaak presies net soos die Here vir Moses oor die Leviete gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarna het die Leviete gekom om hulle dienswerk in die tent van samekoms voor Aäron en sy seuns te verrig; soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen. |
| Afrikaans 1983 | Die Leviete het toe onder toesig van Aäron en sy seuns hulle ampswerk in die tent van ontmoeting gaan verrig, soos die Here vir Moses aangaande hulle beveel het. So het die Israeliete met die Leviete gedoen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het die Leviete ingegaan om hulle dienswerk te verrig in die Tent van Ontmoeting onder toesig van Aäron en sy seuns. Soos die Here Moses oor die Leviete opdrag gegee het, presies so het hulle met hulle gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het die Leviete gekom om vir Aäron en sy seuns te werk in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hulle het met die Leviete gedoen wat die Here vir Moses gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Leviete het van toe af onder leiding van Aäron en sy seuns hulle werk gedoen in die tent waar die Here aanbid word. So het hulle al die Here se opdragte aangaande die Leviete gehoorsaam. |