Numbers 8:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Leviete is gereinig en hulle klere gewas; en Aäron het dit as 'n offer voor die aangesig van die HERE gebring; en Aäron het vir hulle versoening gedoen om hulle te reinig.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Leviete het hulle reggekry. Hulle het hulle klere gewas. Aäron het hulle toe voor die Here gebring om hulle aan Hom op te dra. Hy het vir hulle versoening gedoen om hulle te reinig.
Afrikaans 1933/1953 En die Leviete het hulleself ontsondig en hulle klere gewas, en Aäron het hulle beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; en Aäron het versoening vir hulle gedoen om hulle te reinig.
Afrikaans 1983 Die Leviete het hulleself gereinig en hulle klere gewas, en Aäron het hulle as 'n beweegoffer aan die Here gewy. Aäron het ook vir hulle sondes versoening gedoen en hulle so gereinig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Leviete het hulleself gereinig; hulle het hulle klere gewas, en Aäron het hulle voor die Here as 'n gewyde gawe aangebied. Aäron het vir hulle versoening gedoen om hulle te reinig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Leviete het hulleself gereinig en hulle klere gewas, en Aäron het hulle heen en weer laat beweeg om 'n beweeg-offer vir die Here te wees. Aäron het vir die Leviete versoening gedoen om hulle te reinig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Leviete het hulleself en hulle klere skoongewas en Aäron het hulle aan die Here opgedra soos ’n offer wat heen en weer voor die Here beweeg word. Hy het ook namens hulle by die Here verskoning gevra vir hulle sondes en hulle so gereed gekry vir hulle diens in die tabernakel.