Numbers 8:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek met Aäron en sê vir hom: As jy die lampe aansteek, moet die sewe lampe teenoor die kandelaar lig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê vir Aäron hy moet sorg dat die sewe lampies aan die voorkant lig maak wanneer hy hulle aan die kandelaar vassit.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Spreek met Aäron en sê vir hom: As jy die lampe opsteek, moet die sewe lampe aan die voorkant van die kandelaar lig gee. |
| Afrikaans 1983 | “Praat met Aäron en sê vir hom: As jy die lampies van die kandelaar vassit, moet hulle al sewe na die voorkant toe lig gee.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Praat met Aäron en sê vir hom, ‘Wanneer jy die lampe op die menora sit, moet die sewe lampe na die voorkant van die menora lig gee.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet met Aäron praat en vir hom sê wanneer hy die lampe op die lampstaander sit, dan moet die sewe lampe vorentoe skyn.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê vir Aäron hy moet die kandelaar so opstel dat die sewe lampe se lig almal vorentoe skyn.” |