Numbers 8:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek het die Leviete as geskenk aan Aäron en sy seuns uit die kinders van Israel gegee om die diens van die kinders van Israel in die tent van samekoms te verrig en om vir die kinders van Israel versoening te doen en daar is geen plaag onder die kinders van Israel as die kinders van Israel naby die heiligdom kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Uit al die Israeliete het Ek die Leviete gekies en hulle vir Aäron en sy seuns gegee om by die tabernakel namens die res van Israel te dien. Hulle sal vir die Israeliete versoening doen sodat geen onheil hulle sal tref wanneer hulle na die tabernakel toe kom nie.”
Afrikaans 1933/1953 en die Leviete gegee -- hulle is gegee aan Aäron en sy seuns onder die kinders van Israel uit om die dienswerk van die kinders van Israel in die tent van samekoms te verrig en om vir die kinders van Israel versoening te doen, sodat daar geen plaag mag wees onder die kinders van Israel as die kinders van Israel na die heiligdom aankom nie.
Afrikaans 1983 Uit al die Israeliete gee Ek die Leviete nou as 'n gawe aan Aäron en sy seuns om namens die Israeliete die diens in die tent van ontmoeting te behartig en om vir hulle versoening te doen sodat geen ramp die Israeliete sal tref as hulle te naby aan die heiligdom kom nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Leviete, wat uit die geledere van die Israeliete tot beskikking van Aäron en sy seuns is, stel Ek beskikbaar om die dienswerk van die Israeliete in die Tent van Ontmoeting te verrig en om vir die Israeliete versoening te doen, sodat 'n plaag nie die Israeliete tref wanneer hulle die heiligdom nader nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en Ek het die Leviete weggeneem van die Israeliete. Ek het hulle vir Aäron en sy seuns gegee om te werk in die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn. Ek het die Leviete gegee om versoening te doen vir die Israeliete, want as die Israeliete self te naby aan die tempel-tent kom, dan sal hulle sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek stel die Leviete tot die beskikking van Aäron en sy seuns sodat hulle hulle werkslas kan verlig. Hulle is ’n geskenk van die Israeliete aan Aäron en sy seuns om in hulle plek by die tent van aanbidding te werk. Op dié manier sal dit die Israeliete beskerm van enige straf wat hulle kan tref as hulle self te na aan die tent kom waar Ek aanbid word.”