Numbers 8:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle is geheel en al aan My gegee uit die kinders van Israel; in die plek van die wat elke moederskoot oopmaak, in die plek van die eersgeborenes van al die kinders van Israel, het Ek hulle vir My geneem.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Leviete behoort op ’n ander manier aan My as die ander Israeliete. Hulle staan in vir almal in Israel wat eerste gebore is.
Afrikaans 1933/1953 Want hulle is heeltemal aan My gegee onder die kinders van Israel uit, in die plek van alles wat die moederskoot open -- al die eersgeborenes uit die kinders van Israel -- het Ek hulle vir My geneem.
Afrikaans 1983 Van alle Israeliete behoort die Leviete in 'n besondere sin aan My, want Ek het hulle in die plek van al Israel se eersgebore seuns as my besondere eiendom vir My opgeëis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Onder die Israeliete is hulle immers ten volle aan My afgestaan. In die plek van die eersteling van elke moederskoot, van elke •eersgeborene tussen die Israeliete, het Ek hulle vir my geneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want die Leviete behoort aan My, die Israeliete het hulle vir My gegee in die plek van al die eerste seuns van die Israeliete. Ek het die Leviete vir My geneem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [16-18] “In die plek van al die eersgebore seuns van die Israeliete het Ek nou die Leviete op ’n spesiale manier vir Myself gevat. Toe Ek al die eersgebore kinders van die Egiptenaars doodgemaak het, het Ek elke oudste kind in Israel, mense en diere ingesluit, as my eiendom opgeëis. In plaas daarvan dat Ek al die eersgebore kinders vir My vat, behoort die Leviete van nou af aan My.