Numbers 8:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarna moet die Leviete ingaan om die diens van die tent van samekoms te verrig; en jy moet hulle reinig en hulle as offer bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna kan die Leviete hulle werk in die tabernakel begin doen, want jy het hulle gereinig en hulle ’n offer vir God gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarna moet die Leviete inkom om die tent van samekoms te bedien. So moet jy hulle dan reinig en hulle as beweegoffer beweeg. |
| Afrikaans 1983 | Nadat jy die Leviete gereinig en as beweegoffer aan My gewy het, moet hulle die diens in die tent van ontmoeting gaan behartig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna kan die Leviete ingaan om take te verrig by die Tent van Ontmoeting. Jy moet hulle egter reinig en hulle as gewyde gawe aanbied. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer jy die Leviete gereinig het en hulle heen en weer laat beweeg het om 'n beweeg-offer te wees, dan mag hulle gaan werk in die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierna mag die Leviete hulle werk doen in en om die tent waar Ek aanbid word. |