Numbers 8:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Leviete moet hulle hande op die koppe van die bulle lê, en jy moet die een as sondoffer en die ander as brandoffer aan die HERE berei om vir die Leviete versoening te doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Leviete moet dan hulle hande op die koppe van die jong bulle sit. Hulle moet die een offer as ’n sonde-offer en die ander as ’n brandoffer om versoening te bring vir hulle sonde. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Leviete moet hulle hande op die kop van die bulle lê; en berei jy een as sondoffer en een as brandoffer vir die HERE, om vir die Leviete versoening te doen. |
| Afrikaans 1983 | “Die Leviete moet hulle hande op die koppe van die twee bulle sit. Die een bul moet as sondeoffer en die ander as brandoffer vir My, die Here, berei word, om vir die Leviete versoening te doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Leviete moet hulle hande op die koppe van die jong bulle plaas. Offer die een dan as 'n reinigingsoffer, en die ander as 'n •brandoffer vir die Here om vir die Leviete versoening te doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Leviete moet dan hulle hande sit op die koppe van die bulle, en Aäron moet die bulle vir My offer, die een bul is 'n sonde-offer en die ander bul is 'n brand-offer. Hierdie offers is om versoening te doen vir die Leviete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hierna moet die Leviete hulle hande op die twee bulle se koppe sit. Die een bul moet as ’n sondeoffer en die ander bul as ’n brandoffer aan My, die Here, geoffer word om die Leviete se sonde weg te vat. |