Numbers 8:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Aäron moet die Leviete voor die aangesig van die HERE bring as 'n offer vir die kinders van Israel, dat hulle die diens van die HERE kan verrig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aäron moet die Leviete dan aan die Here voorstel en hulle aan hom opdra as ’n offer wat die Israeliete vir die Here gee. Hulle moet dan in diens van die Here staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Aäron moet die Leviete as beweegoffer beweeg voor die aangesig van die HERE namens die kinders van Israel, sodat hulle daar kan wees om die dienswerk van die HERE te verrig. |
| Afrikaans 1983 | Aäron moet dan die Leviete as 'n beweegoffer van die Israeliete aan My wy sodat hulle die werk in my diens kan verrig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aäron moet namens die Israeliete die Leviete voor die Here as 'n gewyde gawe aanbied, sodat hulle gereed is om die dienswerk van die Here te doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en Aäron moet die Leviete heen en weer laat beweeg voor My om 'n beweeg-offer te wees, sodat hulle die werk vir My kan doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aäron moet dan die Leviete aan My, die Here, opdra, net soos die offer wat heen en weer voor My beweeg word om dit aan My op te dra. Dan sal die Leviete gereed wees om hulle werk in my Naam te doen. |