Numbers 7:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie, want die diens van die heiligdom wat aan hulle behoort het, was dat hulle op hul skouers moes dra. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het nie vir die Kehatiete enigiets gegee nie, want dit was hulle werk om die heilige dinge op hulle eie skouers te dra. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie; want die diens van die heiligdom het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra. |
| Afrikaans 1983 | Moses het nie waens en osse aan die Kehatgroep gegee nie, want hulle moes die gewyde voorwerpe op hulle skouers dra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar vir die nageslag van Kehat het hy niks gegee nie, want die hantering van die heilige voorwerpe was hulle verantwoordelikheid. Hulle moes dit op hulle skouers dra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het nie vir die Kehat-familie waens en beeste gegee nie, want hulle moes werk met die gewyde dinge, hulle moes dit op hulle skouers dra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het nie vir die Kehatgroep enige waens en osse gegee nie omdat hulle volgens die Here se opdrag die heilige voorwerpe op hulle skouers moes dra. |