Numbers 7:88 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al die beeste vir die dankoffer was vier en twintig bulle, die ramme sestig, die bokke sestig, die jaaroudlammers sestig. Dit was die inwyding van die altaar, daarna is dit gesalf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vir die maaltydoffer was daar altesaam 24 bulle, 60 ramme, 60 bokke en 60 jaaroud rammetjies. Dit was die offers wat gebring is toe die altaar gesalf is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En al die beeste vir die dankoffer was vier en twintig bulle; die ramme sestig, die bokramme sestig, die jaaroud lammers sestig. Dit is die inwydingsgawe van die altaar nadat dit gesalf is. |
| Afrikaans 1983 | Al die vee vir die maaltydoffers was vier en twintig bulle, sestig ramme, sestig bokramme en sestig jaaroud lammers. Dit was die offergawes vir die inwyding van die altaar nadat dit gesalf is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die vee vir die maaltydoffer was 24 bulle, 60 ramme, 60 bokramme, en 60 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawes vir die wyding van die altaar nadat dit gesalf is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die diere wat die leiers vir die ete-offer gegee het, was almal saam 24 bulle, 60 skaap-ramme, 60 bok-ramme en 60 jaaroud lammers. Dit was die offers om die altaar te wy nadat Moses die altaar gesalf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die totaal van al die diere wat vir die maaltydoffers gebring is tydens die inwyding van die altaar was: 24 bulle, 60 ramme, 60 bokramme en 60 jaaroud lammers. |