Numbers 7:87 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die beeste vir die brandoffer was twaalf bulle, die ramme twaalf, die jaaroudlammers twaalf, met hulle spysoffer, en die bokramme as sondoffer twaalf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saam met die graanoffers was daar twaalf bulle, twaalf ramme en twaalf jaaroud lammers vir die brandoffer. Daar was ook twaalf ramme vir die sonde-offer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die beeste vir die brandoffer was twaalf bulle; die ramme twaalf, die jaaroud lammers twaalf, met hulle spysoffer; en twaalf bokramme as sondoffer. |
| Afrikaans 1983 | Daar was twaalf bulle, twaalf ramme, twaalf jaaroud lammers vir die brandoffer saam met hulle graanoffers en twaalf bokramme as sondeoffer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die vee vir die brandoffer was 12 bulle, 12 ramme, 12 jaaroud ramlammers, met die bypassende graanoffer. Daar was 12 bokramme vir die reinigingsoffer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers het ook diere gegee, dit was die brand-offer. Die diere was almal saam twaalf bulle, twaalf skaap-ramme en twaalf jaaroud lammers. Hulle het die diere gegee saam met die koring-offers. Daar was ook twaalf bok-ramme, dit was die sonde-offer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat die diere betref, was daar twaalf bulle, twaalf ramme, twaalf jaaroud lammers vir die brandoffer, saam met hulle graanoffers, en twaalf bokramme as sondeoffer. |