Numbers 7:86 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die goue lepels was twaalf, vol reukwerk, met 'n gewig van tien sikkels per stuk, volgens die sikkel van die heiligdom; al die goud van die lepels was honderd-en-twintig sikkels. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die houers vir die wierook het elkeen 115 gram geweeg, byna een en ’n half kilogram in totaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | twaalf goue rookpanne, vol reukwerk; elke rookpan tien sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; al die goud van die rookpanne was honderd en twintig sikkels. |
| Afrikaans 1983 | Die twaalf goue pannetjies vol wierook het elkeen honderd en vyftien gram geweeg volgens die standaardgewig van die heiligdom. Al die goud van die pannetjies was byna een en 'n half kilogram. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was 12 goue bakke vol reukwerk, elke bak was 10 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld. Al die goud van die bakke was saam 120 sikkel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die twaalf goue bakkies wat vol wierook was, het elkeen 10 sikkels geweeg, dit was tempel-sikkels. Al die goue bakkies saam het 120 sikkels geweeg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die twaalf goue pannetjies vol wierook het elkeen 115 gram geweeg volgens die standaardgewig van die heiligdom. Die gewig van al die goue wierookpannetjies was omtrent een en ’n half kilogram. |