Numbers 7:85 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Elke silwerskottel honderd-en-dertig sikkels, elke skaal sewentig; al die silwervoorwerpe het twee duisend vier honderd sikkels geweeg volgens die sikkel van die heiligdom;
Afrikaans (NLV) 2011 Die silwer voorwerpe het altesaam 28 kilogram geweeg, een en ’n half kilogram vir elke bord en 800 gram vir elke bak.
Afrikaans 1933/1953 elke skottel honderd en dertig sikkels silwer, en elke kom sewentig; al die silwer van die goed was twee duisend vier honderd volgens die sikkel van die heiligdom --
Afrikaans 1983 Elke skottel het een en 'n half kilogram geweeg en elke kom ag honderd gram. Die silwer van al die gereedskap het ag en twintig kilogram geweeg volgens die standaardgewig van die heiligdom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elke silwerskottel was 130 sikkel silwer en elke silwer-offerbak 70 sikkel silwer; al die silwer van die gereedskap was saam 2 400 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elke skottel het 130 sikkels geweeg en elke silwer bak 70 sikkels. Al die silwergoed saam het 2 400 sikkels geweeg, dit was tempel-sikkels.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elke skottel het een en ’n half kilogram geweeg en elke bak 800 gram. Die silwergereedskap het altesaam 28 kilogram geweeg volgens die standaardgewig van die heiligdom.