Numbers 7:84 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit was die inwyding van die altaar, op die dag toe dit deur die vorste van Israel gesalf is: twaalf silwerskottels, twaalf silwerbakke, twaalf goue lepels; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit was dan die geskenke wat die leiers van Israel spesifiek vir die altaar gebring het toe dit gesalf is: twaalf silwerborde, twaalf silwerbakke en twaalf houers vir die wierook. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit was die inwydingsgawe van die altaar van die kant van Israel se owerstes op die dag toe dit gesalf is: twaalf silwerskottels, twaalf silwerkomme, twaalf goue rookpanne -- |
| Afrikaans 1983 | Die offergawes wat die leiers van Israel gebring het toe die altaar ingewy is, was altesaam twaalf silwerskottels, twaalf silwerkomme en twaalf goue pannetjies. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was, van die kant van die leiers van Israel, offergawes vir die wyding van die altaar die dag toe dit gesalf is: 12 silwerskottels, 12 silwer-offerbakke, 12 goue bakke. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers van die Israeliete het die presente gegee om die altaar te wy nadat Moses die altaar gesalf het. Die presente was almal saam twaalf silwer skottels, twaalf silwer bakke en twaalf goue bakkies. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die offers wat die leiers van Israel gebring het toe die altaar ingewy is, was altesaam twaalf silwerskottels, twaalf silwerbakke en twaalf goue wierookpannetjies. |