Numbers 7:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het vier waens en agt beeste aan die seuns van Merári gegee volgens hulle dienswerk, onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het vier waens en agt osse vir die Merariete gegee vir die werk wat hulle onder leiding van Itamar die seun van die priester Aäron moes doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | en vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van Mer ri gegee volgens hulle dienswerk, onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron. |
| Afrikaans 1983 | *** |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vier waens en agt beeste het hy vir die nageslag van Merari, onder beheer van Itamar, seun van die priester Aäron, gegee, in ooreenstemming met hulle taak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir die Merari-familie vier waens en ag beeste gegee vir die werk wat hulle moes doen. Itamar seun van die priester Aäron moes kyk dat hulle die werk doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en vir die Merarigroep vier waens en agt osse om vir hulle werk te gebruik. Hulle het hulle werk onder die toesig van Itamar, Aäron se seun, gedoen. |