Numbers 7:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Neem dit van hulle, dat hulle die diens van die tent van samekoms kan verrig; en jy moet dit aan die Leviete gee, vir elkeen volgens sy diens. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Aanvaar dit van hulle en gebruik dit vir die diens by die tabernakel. Verdeel die waens en osse onder die Leviete volgens die werk wat elkeen moet doen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Neem dit van hulle aan, dat dit kan gebruik word om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig; en jy moet dit aan die Leviete gee, aan elkeen volgens sy dienswerk. |
| Afrikaans 1983 | “Vat hulle offergawes en gebruik dit in die diens van die tent van ontmoeting; gee dit aan die Leviete vir die werk wat elkeen van hulle moet verrig.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Aanvaar dit van hulle sodat dit gebruik kan word vir die werk by die Tent van Ontmoeting. Jy moet dit vir die Leviete gee, vir elkeen in ooreenstemming met sy taak.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet die waens en die beeste neem wat hulle bring, en jy moet dit vir die Leviete gee om te gebruik vir die werk met die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn, elke familie moet dit gebruik vir die werk wat hulle moet doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Gebruik hierdie offers om te help met alles wat moet gebeur by die tent waar Ek aanbid word. Gee die waens en osse vir die Leviete sodat hulle dit kan gebruik om hulle te help met hulle werk.” |