Numbers 7:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het hul offer voor die aangesig van die HERE gebring, ses bedekte waens en twaalf osse; 'n wa vir twee van die vorste, en vir elkeen 'n bees; en hulle het dit voor die tabernakel gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het hulle offers vir die Here gebring. Dit was ses waens met twaalf osse. Daar was ’n wa vir elke twee leiers en ’n os vir elkeen. Hulle het dit vir die Here by die tabernakel aangebied. |
| Afrikaans 1933/1953 | hulle het hul offer voor die aangesig van die HERE gebring: ses tentwaens en twaalf beeste; 'n wa vir twee owerstes en 'n bees vir elkeen; en hulle het dit voor die tabernakel gebring. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het as offergawes ses tentwaens en twaalf osse gebring, 'n wa namens elke twee leiers, en 'n os namens elkeen afsonderlik. Hulle het dit na die tabernakel toe gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het hulle offergawes gebring na die Here se teenwoordigheid: ses waens met seile oor en twaalf beeste, 'n wa namens twee leiers en 'n bees namens elkeen. Hulle het dit aangebied voor die tabernakel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers het hulle presente vir die Here gebring. Dit was ses tentwaens en twaalf beeste, 'n tentwa vir elke twee leiers en 'n bees vir elke leier. Hulle het dit na die tempel-tent gebring, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het ses waens met seile bo-oor en twaalf osse na die tabernakel toe gebring, een wa vir elke twee leiers en ’n os vir elke leier. |