Numbers 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) dat die vorste van Israel, hoofde van die huis van hulle vaders, wat die vorste van die stamme was en oor die geteldes was, geoffer het:
Afrikaans (NLV) 2011 Die leiers van Israel, die hoofde van die familiegroepe wat met die sensus gehelp het, het toe nadergekom.
Afrikaans 1933/1953 het die owerstes van Israel, die hoofde van hulle families, offers gebring -- hulle was die owerstes van die stamme, hulle wat oor die geteldes gestaan het --
Afrikaans 1983 Die leiers van Israel, die familiehoofde en stamleiers wat die sensus opgeneem het, het offergawes gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het die leiers van Israel, die hoofde van hulle families – dit is die leiers van die stamme, hulle wat met die inskrywing bystand verleen het – offergawes aangebied.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het die leiers van die Israeliete presente gebring. Die leiers was die familiehoofde wat stamhoofde was, hulle was die hoofde van die Israeliete wie se name in die boek geskryf is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het die leiers van Israel, dit is die stamleiers wat die sensus opgeneem het, hulle offers vir die Here gebring.