Numbers 7:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op die dag dat Moses die tabernakel volledig opgerig en dit gesalf en geheilig het met al sy gereedskap, sowel die altaar as al sy gereedskap, en dit gesalf en geheilig het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Moses die tabernakel klaar opgerig het, het hy dit met olie gesalf. Hy het dit toe saam met sy toerusting en sy altaar en sy gereedskap aan die Here gewy. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op die dag toe Moses die tabernakel klaar opgerig en dit gesalf en geheilig het met al sy gereedskap, en die altaar met al sy gereedskap, en hy dit gesalf en geheilig het, |
| Afrikaans 1983 | Nadat Moses klaar was met die oprigting van die tabernakel het hy die tent met al sy toebehore en ook die altaar met al sy gereedskap gesalf en aan die diens van die Here gewy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die dag toe Moses die •tabernakel klaar opgerig het, het hy dit gesalf en dit met al die gereedskap, asook die altaar met al die gereedskap, geheilig. Toe hy dit gesalf en geheilig het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Moses die tempel-tent klaar opgeslaan het, het hy die tent en al die gereedskap daarby gesalf en gewy, en ook die altaar en die altaar se gereedskap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Moses die tabernakel klaar opgeslaan het en die tent met al sy toebehore, asook die altaar waar al die offers aan God gebring word, in gebruik geneem het, |