Numbers 6:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy mag hom nie onrein maak vir sy vader of sy moeder, sy broer of sy suster as hulle sterwe nie, want die heiligmaking van sy God is op sy hoof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs al is dit die persoon se pa, of ma, broer of suster wat dood is, mag hulle nie hulleself onrein maak deur hulle oorlede familie nie. Hulle hare wys dat hulle God se nasireërs is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Aan sy vader of sy moeder, aan sy broer of sy suster -- aan hulle mag hy hom nie verontreinig as hulle dood is nie; want die wyding van sy God is op sy hoof. |
| Afrikaans 1983 | Selfs as sy pa of ma, broer of suster sterf, mag hy hom nie verontreinig deur aan hulle te raak nie, want sy hare is die teken van sy wyding aan God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Selfs in die geval van sy vader, moeder, broer of suster mag hy homself nie met hulle verontreinig as hulle sterf nie, want die teken van toewyding aan sy God, is op sy kop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ook wanneer dit sy pa of sy ma of 'n broer of 'n suster is wat sterf, mag hy homself nie onrein laat word nie, want sy lang hare wys dat hy aan die Here gewy is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | selfs al sou een van hulle ouers of broers of susters doodgaan. Aangesien hulle lang hare die bewys is van hulle voltydse diens aan die Here, mag hulle nie naby ’n lyk kom of daaraan raak en so hulleself onrein maak nie. |