Numbers 6:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die dae van die gelofte van sy afsondering mag daar geen skeermes op sy hoof kom nie; totdat die dae vervul is waarin hy hom tot die HERE afsonder, moet hy heilig wees en die haarlokke van sy hoof laat groei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Solank hulle nasireërs is, mag hulle hare nie gesny word nie. Hulle is afgesonder vir die Here. Hulle moet hulle hare laat groei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die dae van die gelofte van sy nasireërskap mag geen skeermes oor sy hoof gaan nie. Totdat die dae om is dat hy hom aan die HERE toewy, moet hy heilig wees -- hy moet die hare van sy hoof vry laat groei. |
| Afrikaans 1983 | “Vir die volle duur van sy nasireërgelofte mag hy nie sy hare of sy baard skeer nie. Hy is iemand wat vir die Here afgesonder is, en hy moet sy hare vrylik laat groei totdat die tyd van sy wyding aan die Here verby is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Vir die volle tydperk wat sy gelofte van toewyding geld, mag 'n skeermes nie oor sy kop gaan nie. Totdat die tydperk waarin hy hom aan die Here toewy, verby is, moet hy heilig wees en die onversorgde hare op sy kop lank laat word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Terwyl hy 'n nasireër is soos hy belowe het, mag hy nie sy hare skeer nie. Hy moet gewyd bly. Hy het homself 'n tyd lank aan die Here gewy, en hy moet gewyd bly totdat daardie tyd verby is. Sy hare moet lank word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nasireërs mag ook nooit hulle hare afsny nie. Die mans mag ook nie hulle baard afskeer vir die tydperk dat hulle voltyds in die Here se diens staan nie. Hulle moet hulle hare laat groei totdat hierdie tydperk van afsondering verby is. |